Dowwe Dolla - Nou of Nooit!

Dowwe Dolla - Nou of Nooit!

Dowwe Dolla het beplan om einde 2020 haar stiletto’s op te hang en haar lollie op Gumtree te verkoop, maar antie Corona en haar niggie Nkosazana het ‘n stokkie daarvoor gesteek en nou groet Dolla maar so stuk-stuk. 

‘Wokeness” staan sterk en kunstenaars is sonder werk, Cyril se paddas is in die pot en Ace is besig om te plot.   Eskom se volgende reddingspakket is n hamper met Blitz & Charcoal, Woolies verkoop nou ratel-vriendelike heuning, Dolla is 21 jaar in die bedryf en Ouma Dowe Dolla kom vir n lang kuier, …wat alles beteken Suid Afrika is in groter moeilikheid as wat ons besef het. Dinge sal moet verander, dis nou of nooit!

Met Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad Rall (op klavier)

Teks en regie: Jurgen Human

Geen onder 16 jaar, aangesien Ouma Dowe Dolla nie ‘n wag voor die mond het nie.

Web besprekings sluit 20 Mei 15:00. Skakel of WhatsApp Anita 082 782 3019

Deure open 18:30, Vertoning begin 20:00.

Ete: Herderspastei, groente & slaai - R80

Vertonings Funksies

Vertonings Datum 21-05-2021 6:30 pm
Vertongings eindig op 21-05-2021 10:00 pm
Kapasiteit 130
Geregistreerd 10
Beskikbare plek 120
Afsny datum 20-05-2021 3:00 pm
Individuele Prys R150.00
Plek Tarentaal Teater